CANSA Relay For Life

Celebrate
Remember
Fight Back

Nataniël & Heuning – 16 Nov 2013

Belangrike Aankondiging – Il Quinto Tree nie meer Op nie

Il Quinto het ons in kennis gestel dat hulle, weens vervoer-probleme, ongelukkig nie kan optree by die vertoning ten bate van CANSA, op 16 November 2013 nie.

Nataniël sal steeds, soos geadverteer, optree.

Heuning Tree i.p.v Il Quinto op:

Heuning, ‘n nuwe jong opwindende groep opkomende kunstenaars, het op kort kennisgewing ingestem om op te tree, en te verseker dat almal steeds goeie vermaak kan geniet.

Heuning is die eerste Kontemporêre Afrikaanse Countryduo in die wêreld. Hulle debuut album was in Julie 2012 uitgereik. Heuning het die Ghoema-toekenning in 2013 ontvang vir die Beste Country Album.

Jeanette van Staden is al van kindsbeen af in die musiekbedryf en het al ses albums uitgebring. Sy staan ook bekend as die Jodel-meisie van Suid-Afrika. Henk Dercksen se liefde vir musiek kom al ‘n lang pad, maar hy moes eers op skool sy liefde vir rugby uitleef. Nadat Henk aan ‘n sangkompetisie deelgeneem het, het hy besluit om tot die verhoog toe te tree.”Google” hulle op Youtube, en op Facebook (www.facebook.com/Heuning).

2 Comments

  • Sonja Sauer says:

    Goeie dag

    Ek wil weet waar kan ek my kaartjies betaal vir die Nataniël vertoning die 16de November 2013 in Brooklyn teater.

    Kan u m,y asb help met die nodige inligting.

    Groete
    Sonja

    • Debbie @CANSA says:

      Beste Sonja

      Dankie vir jou belangstelling. Kontak asseblief 076 712 8139 om ‘n bespreking te maak.

Leave a Comment

Warning: Undefined variable $user_ID in /usr/www/users/kansagvbbe/wp-content/themes/ao-master/comments.php on line 60

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.



Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling