CANSA Relay For Life

Celebrate
Remember
Fight Back

The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

KANSA Relay For Life Weer Aan Die Gang in die Upington & Kalahari Streek

Op die 24ste Mei, het Postmasburg hul Relay For Life bekendstelling partytjie gehou. Al die spanne van verlede jaar se suksesvolle Relay was genooi na die bekendstelling toe. Dit was aangekondig dat die Postmasburg Relay For Life sal plaasvind op die 15de Oktober.

Voorsitter van die Postmasburg Relay, Eric Theys is baie optimisties oor die impak wat die Relay op die gemeenskap het. Dit is immers ‘n projek wat die gemeenskap saam roep in die geveg teen kanker, deur die 12 ure deur die nag  jouself uit te daag om wakker te bly en deel te neem aan al die aksie.

Spanne van 10-15 lede mag inskryf om die jaar deel te wees van die pret. Ons vra dat elke span wat wil inskryf, asseblief ‘n R500 registrasiefooi sal betaal, om hulle toewyding teenoor die projek te toon. Vir meer inligting oor die Relay, as ook hoe om in te skryf, kan u vir Eric Theys skakel op 082 339 5519.

Kathu se Relay is ook sterk besig om beplan te word en sal ook in Oktober of November plaasvind. Ons vra die gemeenskap om weer saam te staan en ‘n merk in die geveg teen kanker te maak. Ons versoek die gemeenskap om ‘n span in te skryf vir die Relay For Life. Om jou span in te skryf skakel asseblief vir Maritza du Plessis by 076 143 8568.

Die gemeenskap van Kuruman gaan ook hul eerste Relay For Life aan pak en beplan om hul Relay in Maart 2012 te hou. Vir meer inligting oor hierdie Relay skakel assseblief vir Esti Brits by 082 520 8988 of epos ebrits@cansa.org.za.

Die fondse wat gegeneer word deurRelay For Life word aangewend in die streek waarin dit ingesamel word en word gebruik om na pasiente om te sien met die voorsiening van hulpmiddels en besoeke. Die fondse word ook gebruik om vroee opsporing te doen, om bewusmaking en gesondheids boodskappe aan die gemeenskap oor te dra, asook om verskeie ander maniere die pasiente te hulp.

Vir meer inligting oor KANSA, Relay For Life, of as jy van ‘n kanker pasient of oorwinaar weet wat hulp nodig het, skakel asseblief die KANSA Kathu kantoor by 082 520 8988 of 082 356 9947.


Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling