CANSA Relay For Life

Celebrate
Remember
Fight Back

The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Kakamas Stel Eerste KANSA Relay For Life Bekend

Toktokkie wys "Jou lewe is 'n geskenk, Kies gesond!"

Die 10de September 2011 was ‘n groot gebeurtenis in Kakamas en omgewing. Dit was die eerste KANSA Relay for Life bekendstelling in die gemeenskap. Dit was ‘n groot fees geleentheid waar al drie die bene waarop KANSA staan bymekaar gekom het: Oorwinnaars (hierdie aand was die kankerpasiente soos VIP’s behandel); Gesondheidsboodskap (vir die eerste jaar is die tema: “Jou lewe is ‘n geskenk. Kies gesond!) en ook fondsinsameling.

By die Relay For Life gaan dit oor Onthou (pasiente wat die stryd verloor het); Veg terug (pasiente wat nou in die middel van hierdie geveg is) en Vier (die pasiente wat die geveg gewen het). Die Amerikaners noem dit “One day, one night, one cause, one fight” en die idee is om Kakamas en omgewing se mense vir een nag te verenig in die geveg teen kanker.

Dit is ‘n gesinsvriendelike fees met baie kosstalletjies, aktiwiteite vir die kleingoed, vermaak deur die hele nag en nog vele meer! Spanne (enige vorm, korporatief, familie, skole, organisasies ens.) skryf in van 10-15 mense. Die inskrywingsgeld beloop R500 per span. Daar word ook ‘n uitdaging gerig aan elke span om vir KANSA tussen R1000 en R2000 in te samel.

Raak deel van hierdie Relay For Life beweging in jou gemeenskap!Indien jy meer wil weet en wil deelneem in hierdie Relay For Life skakel asseblief vir Meisie Venter (Voorsitter) by 083 299 7238 of Adriaan du Plessis (Spanbemarker) by 083 654 7384.


Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling