CANSA Relay For Life

Celebrate
Remember
Fight Back

Hantam Karoo Bied Hul Eerste Relay For Life Aan

Tannie Cora van Zyl, 78 jaar oud, het 15 rondtes na mekaar om die baan gestap en het vir haar span R60 000 ingesamel!

Tannie Cora van Zyl, 78 jaar oud, het 15 rondtes na mekaar om die baan gestap en het vir haar span R60 000 ingesamel!

Op Saterdag 2 Maart het KANSA hul heel eerste deurnag stap vir kanker in Calvinia gehou. Die wat nie daar was nie het regtig uitgemis op ‘n spesiale aand. Ons het in totaal 16 spanne gehad wat ingeskryf het en sowat 30 survivors. Van die spanne het sover as Fraserburg en Williston gekom.

Relay For Life het afgeskop met ‘n motorfiets rally waar 20 motorfietse deelgeneem het. Van die hoogte punte sluit in Tannie Cora van Zyl wat op 78 jaar 15 rondes om die baan geloop het en vir haar span R6000 ingebring het deur borgskappe. Suretha Burwer van Williston het ook heelaand om die baan gestap tot dagbreek en ‘n volle R 6217 ingesamel het. Die sweet, pyn en stywe voete was die moeite werd. Mnr. Gunter het vir hom ‘n persoonlike mikpunt van 100 rondtes gestel en hy het dit al voor middrenag bereik en terselfte tyd R1200 vir KANSA in gesamel.

Van die deelnemers het sommer die Relay for Life gebruik as ‘n geleentheid om hulleself voorteberei vir die jaarlikse Two Oceans marathon. Daar is heerlik saam gekuier om die braaivleis vure en ‘n verskeindenheid stalletjies het gesorg dat die mense se mae vol bly. Pannekoek, Karoo-sosaties, tjops, wors,  Basaar Poeding, Ys-Tee, Worsbroodjies, Mini-Donuts, Potjiekos, Slapchips was slegs ‘n paar van die lekkernye op die spyskaart.

Die atmosfeer en die gees onder die verskillende spanne was voorwaar ‘n positiewe belewenis, mense het oor grense bymekaar gekom, saam gestap, saam gekuier almal met dieselfde doel voor oë om saam kanker te beveg. Die Lumenaria seremonie was ‘n baie spesiale geleentheid, waar hulde gebring is aan alle kanker-pasiente.  Dit was ‘n emosionele-ervaring, met hierdie seremonie het ons net weer tot die besef gekom hoeveel, gesinne, families en mense geraak word deur kanker.  Daar was altesaam 300 Luminaria sakkies om die baan, opgedra aan kanker-pasiente.

Van die spanne het hulle spangees gewys deur aan die verskillende “fun-rondtes” deel te neem.  Die 80’s, die 60’s, pantoffel-rondte, hoë hakskoene en koffie rondte het vir groot sports gesorg.

Deur die aand was daar heerlike vermaak vir oud en jonk.  Springkasteel en vierwiel-motorfiets ritte vir die jonges.  Verskeidenheid plaaslike sang-talent het die stappers om die baan aan die gang gehou.  Gerrit Burger en Maryke Louw, Hannelie Laubscher en Wilma Viljoen, Boeta Gammies en Zandrie van der Merwe was almal besoekers op die Kansa-verhoog.

Sondag is afgelsuit met ‘n spesiale interkerklike diens wat gehou is deur Ds. Archer.  Van die spanne het ook ‘n paar pryse losgeslaan, en medaljes is aan van die stappers oorhandig.  Kansa Relay For Life het gekom om te bly, volgende jaar maak ons dit net groter met meer spanne.  Spanne kan sommer nou al begin beplan vir Kansa Relay For Life 2014.

KANSA wil net Baie Dankie sê aan elke borgskap wat hierdie eerste Relay For Life moontlik gemaak het, asook die komitee wat my gehelp het, sonder julle sal hierdie aand nie die sukses gewees het wat dit was nie.

Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.



Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling