Ficksburg Hou Tweede Relay
Op Vrydag, 9 September 2011, het die gemeenskap van Ficksburg saamgetrek om die tweede Relay For Life in hierdie gemeenskap te ondersteun. 20 Spanne het deelgeneem en hande saam gevat in die stryd teen kanker.
Jana du Plessis, ‘n ‘International Hero of Hope’, het haar storie gedeel met die gemeenskap en wat hierdie oomblik soveel meer uniek gemaak het was dat Jana haar grootword jare in Ficksburg deurgebring het.
Oorwinnaars was op die hande gedra – en die wat die stryd teen kanker verloor het, was onthou. Buiten die gewone Luminaria seremonie, het die Relay For Life Komitee ook ‘n Middernag seremonie gehou, met al die ligte weer af en ‘n stilte tyd na afloop van ‘n gebed deur ‘n plaaslike predikant. Gewyde musiek het hierdie unieke oomblik afgerond, waarna die wat nog wakker was maar weer die baan aangedurf het en gestap om wakker en warm te bly.
Teen sonsopkoms, teen die voet van die Imperani Berg, was daar nog 140 spanlede teenwoordig om saam met die Oorwinnaars, gemeenskap en KANSA dankie te sê vir die voorreg om nog ‘n dag te kan binne gaan.