CANSA Relay For Life

Celebrate
Remember
Fight Back

The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Bethlehem Relay For Life Op Hoë Noot Afgesluit

Muller Janse van Rensburg - RFL Voorsitter; Hannetjie Marais - Gereformeerde Kerk; Judy Terblanche - FNB; Trudie Nel - NGK Bhm Wes; Emmerentzia van Aarde - Paul Roux Dorp en Deon van Rensburg - Nashua.

Relay For Life Bethlehem het hulle afsluitingsvergadering gehad op 13 April 2011.  Terugvoer is gegee aan die gemeenskap van Bethlehem oor die 3de Relay For Life wat op 4 Maart 2011 by die Bethlehem Vliegveld plaasgeving het.

Muller Janse van Rensburg, Voorsitter van die RFL Komitee, het genoem dat hierdie Relay For Life een van die suksevolste en grootse Relays was wat nog in Bethlehem plaasgevind het. 94 Borge en donateurs het die Relay ondersteun, 32 spanne het geregistreer, en 49 kanker-oorwinaars het deelgeneem.

Die NG Kerk Bethlehem was die span wat die meeste geld ingesamel het – ‘n astronomiese bedrag van R21 905.50. Tweede was die Gereformeerde Kerk met R17 355.50 en derde was Solomons Mica met R16 360.15. Die FNB span het die meeste punte aangeteken (3920 punte), Paul Roux Dorp (3430 punte) en die Gereformeerde Kerk met 2400 punte. Bethlehem Relay For Life 2011 het ‘n totaal van R243 737.40 ingevorder.

KANSA Streekbestuurder, Carel de Bruin, het die gemeenskap bedank vir hulle ondersteuning, want sonder fondse sal KANSA nie die werk in gemeenskappe kan doen nie. KANSA is ‘n Nie-Regerings Organisasie en ontvang geen fondse van die staat nie en moet fondse insamel om alle uitgawes te dek.

Carel de Bruin en Muller Janse van Rensburg het ook die borge en donateurs, elke spanlid, en die RFL Komitee bedank vir hulle ondersteuning en harde werk wat hierdie inkomste vir KANSA moontlik gemaak het. Muller Janse van Rensburg het ook genoem dat die hele RFL Komitee weer beskikbaar en gereed is vir die volgende Relay For Life en dat meer inligting daaroor later bekend gemaak sal word.

Navrae

Enige persoon wie ook op die komitee wil dien en meer wil weet, spanne wat wil inskryf of enige ander navrae het, kontak asseblief vir Muller Janse van Rensburg op 082 907 1525 of epos mjansevanrensburg4@oldmutual.com of Carel de Bruin op 082 520 8913 of 058 303 7271 of epos cdebruin@cansa.org.za.


Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling